Leef Lente issue - Reyneke Wines

Leef Lente issue - Reyneke Wines
published on:

Lief vir mooi plekkies, lekker kos en interessante snuffelgoed? Hier vertel ons jou van al dienuutste lekkerleef-dinge.

1 Olivia & Grace Home Lime Basil Mandarin Luxury Room Spray laat enige vertrek lieflik ruik. Bestel by Mabibuch Imports by www.mabibuch.co.za.

2 Dié bottel van Quench hou vloeistof vir 24 uur koud en 18 uur warm. Daar is drie groottes en pryse begin by R280. www.quenchproducts.co.za

3 In die kol! Granny B’s Old Fashioned Paint is in ’n ver-skeidenheid pragkleure beskikbaar. www.grannyb.co.za

4 Op soek na mooi ou goed? Maak ’n draai by die TOC H Charity Shop by Vierde Laan 17, Parktown-Noord. Dié teepotjie was te koop teen R25.

5 Kies ’n verstelbare matras van Sloom vir ’n goeie nagrus. Vind meer uit oor dié unieke matras by www.sloom.co.za.

6 Grace Stevens het die kuns van botterversiersel absoluut bemeester. Besoek www.gracestevens.co.za vir wenke en om meer te wete te kom oor die aanlyn kursusse wat sy aanbied.

7 Dié blomkoppie en -piering is van Mustardseed & Moonshine (vanaf R495). Kyk uit vir enkele versamelstukke deur die pottebakker Kate Carlyle op www.bidorbuy.co.za.

8 Hierdie Astrid-koperlamp is van The Lighting Warehouseen kos R2 999.

9 Teetyd. Die koppies en pierings is van Maxwell & Williams en kos R199 per stel.

10 Vanaf 24 tot 28 November is handwerk en ander mooi goed op die Kuier-kuier Kersmark by die NG Kerk Harmonie in Kimberley te koop.

11 Besoek die lapverskaffers Hertex se webwerf by www.hertex.co.za vir ’n verskeidenheid pragtige stoffeer- en gordynmateriaal.

12 Reyneke Cornerstone 2016 is ’n organiese wyn wat volgens bio-dinamiese metodes gemaak word. R223.

13 Muratie Martin Melck Cabernet Sauvignon Family Reserve 2015 is ’n klassieke rooiwyn wat hulde aan die Melck-voorsate bring. R200.

14 Gabriëlskloof Rosebud 2019 bekoor met die geur van waatlemoen, papaja en aarbei. R80.

15 Leeuwenkuil Reserve Red 2017 is ’n komplekse, geurige wyn met die smaak van bessies en pruime op die tong. R120.

16 Fat Bastard Chardonnay 2019 proe heerlik saam met ’n bessie-en-bokmelkkaasslaai. R85.

ARA - Industry Association for Responsible Alcohol use Not for sale to persons under the age of 18. Enjoy Responsibly.